Skip to main content

Dagboek van die Bloeiselvrou

JeniG

dagboek van die bloeiselvrou

'Hierdie is nie net ’n blog nie.
Dis ’n dagboek van stil groei en terugkeer na jouself.
'n Ruimte vir stil groei, eerlike woorde en terugkeer na jouself

Welkom

Ek weet nie presies hoe jy hier gekom het nie…
maar ek glo nie dit is toevallig nie.

Hierdie is nie net ’n blog nie.
Dis ’n dagboek —
vir die stil oomblikke, die groei wat niemand sien nie,
en die reis terug na wie jy werklik is.

Jy hoef nie alles reg te hê om hier te wees nie.
Jy mag net begin.

Jy hoef nie te blom om hier te wees nie - jy mag net begin bloei."


In die eerste dag van jou Bloeiselvrou reis word jy genooi om eerlik stil te word en te begin waar jy is.  'n Sagte maar eerlike stap in die rigting van groei, genesing en nuwe beginne.



Voor die Spieël

Wanneer jy in die spieël kyk, sien jy regtig jouself — of sien jy net alles wat jy dink kortkom?


Die spieël wys ’n beeld, maar dit wys nie jou waarde nie.
Dit wys nie jou groei, jou geloof of alles wat jy al oorleef het nie.


Vandag kies ek om anders te kyk.

Nie met oordeel nie, maar met sagtheid.
Nie met kritiek nie, maar met waarheid.


🌸 Ek is meer as wat ek sien.
🌿 Ek leer om myself met nuwe oë raak te sien.

 

gebed

Here,


Wanneer ek na myself kyk, help my om nie deur oë van kritiek te sien nie, maar deur U waarheid.


Waar ek myself afbreek, bring U sagtheid.
Waar ek tekort voel, herinner my dat ek genoeg is in U.


Leer my om myself te sien soos U my sien
met waarde, met doel en met liefde.


Verander nie net hoe ek lyk nie,
maar hoe ek kyk.


Amen.

"Jy hoef nie alleen te groei nie."

Ek stap saam met jou.

ons saam groei ruimte

Word deel van ons blom sirkel!
  •  
  •  

BloeiselVROU - Geskryf deur Jenny Groenewald

Dankie Here vir ELKE   "Bloeiselvrou"

Kopieregnota: (Copyright)

Hierdie webblad is saamgestel deur Jenny Groenewald met die hulp van MY REDDER EN GOD! | Bloeiselvrou  ©2026 BLOEISELVROU. Alle regte voorbehou.

Psalm 23: Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie... AMEN